Van die dienste wat ons lewer

Die Vryheid netwerk is gestig na vele jare se saamwerk in verskeie sektore en deur verskeie individue wat spesialiste is op hul vakgebiede. Die laer trek het ons in staat gestel om ‘n produk saam te voeg wat onoorwonne in terme van prys en gehalte is. Die leser kan nog vele van die saamspan projekte verwag in elke denkbare sektor, dit is die strewe om topgehalte en bekostigbare dienste beskikbaar te maak aan ons medemens.

Ontwerp en Argitektuur

Ons professionele argiteksfirma stap saam jou deur die toekoms gedagtes en ontwerp ‘n droom huis wat jou verwagtinge oortref, hetsy dit massief groot of klein is. Die strewe is om innoverende, maar prakties uitvoerbare geboue te ontwerp, gespesialiseerde materiaal gebruik met gevorderde bou metodes.

Die argitekfirma bestaan uit ‘n  dinamiese en professionele span wat die vermoë het om argitektoniese konstruksietekeninge, binne ontwerp dienste sowel as  3D-modellering en visualisering te skep.

Die firma verstaan die gebruikswaarde van nuwe, maar beproefde tegnologiese toepassing op ontwerpe. Moderne sagteware stel die firma in staat om waardevolle tyd te spaar asook om jou as kliënt die geleentheid te gun om die projek voor jou te sien afspeel. Dus word die volledige prentjie vooruit gerol alvorens die grond gebreek word.

Konstruksie & Projek Bestuur

‘n Dinamiese maatskappy wat in 2010 gestig is spesialiseer in die optimalisering van die konstruksie proses. Ons hoofdoel is om voorsiening te maak vir die kliënt wat persoonlike aandag en eksklusiwiteit vir sy/haar projek wil hê, dus is die Direkteur self betrokke by die daaglikse bestuur van elke projek. ‘n Oormaat van instruksies word vermei deur altyd op die soeke te wees vir meer diensverskaffers met ‘n goeie reputasie onder ons mense. Ons plaas hoë klem op waardes soos integriteit, vertroue, eerlikheid en professionaliteit as die grondslag waar ons, ons langdurige verhoudings op bou.

Of dit meervlakkige, top gehalte huise is of eenvoudiger tot nuutgeboude huise, ons beskik oor die vermoë om dit te laat gebeur. Ons voer elke projek met passie, trots en uitnemendheid uit, ook omdat ons vaandeldraers van iets groter as onsself is in die prentjie van die kollektief. Die saad vir ons sukses lê daarin dat ons eienaarskap neem van ons projekte alhoewel dit nooit werklik ons eie is nie. Dus stel ons, onsself in die posisie van die kliënt en kies om dinge uit dié oogpunt te aanskou. Ons sal aan die spits wees, met hammer in hand om al jou konstruksie, opknappings-of projekbestuur behoeftes te diens. Ons sal aan die vlymskerp voorpunt van die konstruksie bedryf wees deur hoë gehalte te verseker, persoonlike diens te lewer en ‘n kliëntgeoriënteerde uitkyk te behou. Ons samevoeging van professionele dienste is oor die jare beproef en beloof om ‘n uitmuntende span te wees wat soos ‘n goed geoliede masjien funksioneer.

Siviele Ingenieurswese

Die Vryheid netwerk spog met top gekwalifiseerde Siviele Ingenieurs wat realistiese strukture ontwerp wat gebou is om die toets van tyd te weerstaan. Ons visie is om verantwoordelik te handel met die amp wat saam met ons ideologie wandel en ons woord ons eer te hou. Die betrokke ingenieurs se projekte wissel van residensieel, kommersieel tot Industrieel wat betyds en op standaard voltooi is.

Elektriese Kontrakteur

‘n Vol diens Elektriese en Fotovoltaïse (PV) Kontrakterende Maatskappy, met uitgebreide ondervinding in die elektriese en fotovoltaïse industrie behartig die uiters belangrike gedeelte van ons projekte. Deur hul koste-effektiewe oplossings en professionele installasies is u verseker om ‘n langtermyn professionele verhouding aan te knoop met die betrokke diensverskaffer. In samewerking word kliënte gebied met ‘n sleutel oplossing, insluitend die aanvanklike assessering, ontwerp, verskaffing, professionele installasie en sertifisering. Dit verseker ‘n omvattende dienspakket wat elke aspek van elke kliënt se unieke behoeftes dek.

Dakkap Kontrakteur

Ons kontrakteur voorsien ‘n volledige dak pakket vir die eiendomsontwikkelaar, projekbestuurder en privaat huiseienaar. Die strewe is om die beste diens aan ons kliënte te lewer deur ‘n hoë kwaliteit produk en uitstekende naverkoop diens te kombineer. Die betrokke diensverskaffer is ‘n lid van die Institute of Timber Construction (ITC) wat al die vakwerk vervaardigers in Suid-Afrika reguleer, hul dien ook op die Gautengse Streek tak van die ITC om te help verseker dat die standaard van truss vervaardiging in Gauteng van die hoogste gehalte is.

Timmerman

Hier word uitsonderlike droom kombuise, wasbakke, kaste en instapkaste van die hoogste gehalte vervaardig. Ons Vryheid vennoot het ‘n hoogs opgeleide en ervare span skrynwerkers wat die ontwerp en installasie proses maklik laat lyk. Die vaardighede is egter oor ‘n tydperk van meer as 17jaar ontwikkel en kan niks beter verwag word as die heel beste nie.

Aluminium Kontrakteur

Ons vervaardig en installeer vensterrame, aluminium deure, motorhuisdeure en “Clearview” diefwering. Ons vervaardig enige unieke glas- en aluminiumprodukte vir ‘n eksklusiewe voorkoms volgens ons kliënte se spesifikasies.

Gereelde Vrae

Waarom is bouplanne nodig om die projekkoste te bereken?

Bouplanne help om die hoeveelheid materiaal wat benodig word sowel as die kompleksiteit van die projek te beraam. Hierdie twee faktore beïnvloed die boukoste aansienlik.

Hoe lank sal my projek neem om te bou?

Dit sal geheel en al afhang van die omvang van die projek; die beraamde lengte van boutyd sal egter in u kontrak vermeld word.

Waarom word dit aanbeveel om die bouer van die begin van die proses af te betrek?

Ons het gevind dat die vooropgestelde idees en planne soms nie heeltemal aan die realiteit van die begroting voldoen nie, of soms kan daar konstruksiekwessies wees wat eers later in die kwotasie- of konstruksieproses deeglik geïdentifiseer word.

Hoeveel sal die konstruksie kos?

Daar is baie faktore wat bydra tot die koste van die bou, veral wanneer unieke en pasgemaakte huise gebou word. Dit kan afwerkings, geselekteerde materiale, terreintoegang sowel as die tegniese aard van die projek insluit. Aangesien elke projek redelik spesifiek in sy vereistes is, sal hulle individueel aangehaal word. U kan gerus wees dat die gedetailleerde kwotasie wat verskaf word, al hierdie elemente sal bespreek en ons verwelkom die geleentheid om potensiële opsies te bespreek wat u projek en begroting kan bevoordeel.